Somer Place - Logo

Armin

Armin sal jou hartlik verwelkom

      

 

deutsche sprache

      afrikaanse taal

english language francais    

 

Indeks

 

Kamer

 

Pryse

 

Bespreking

 

Aktiwiteite

 

Webskakels

 

Kaart

 

Kontak

 

Gasteboek
 
Spesialiteite
 
 
 
 
 

 

 

South Africa, Cape Town, Somerset West

 

Somer Place B&B is gerieflik geleë onder die Helderberg in Somerset Wes, 'n rustige omgewing nie  ver van Kaapstad nie en omtrent vyf minute van Valsbaai se "Goue Myl", Strand. Somer Place is ideaal geplaas vir uitstappe na die strande van Valsbaai (5 Minute), Kaapstad (30 minute) en die wynlande (5 minute). Bowendien is die beginpunt van die Walvisroete en die Tuinroete beide op ons drumpel. Alhoewel Kaapstad se internasionale lughawe net 20 minute van die huis af is, handhaaf Somer Place 'n rustige "huislike" atmosfeer.

Hierdie ses kamer gastehuis behoort aan en word bestuur deur Armin en Span. Toeriste en sakelui verkies Somer Place weens sy sereniteit en gerieflikheid. Gaste geniet toegang tot 'n groot aanloklike tuin en swembad, terwyl die gasheer dienste verskaf soos: vervoer na die lughawe, daaglikse uitstappe, motorverhuring, restaurantbesprekings, gholfafslaantye en meer.

Die Somer Place Span is tot u diens in Engels, Afrikaans of Duits.Al ons kamers het en suite fasiliteite, toegang tot beide die swembad en 'n private tuin, en sluit ook televisie, telefoon en tee/koffee geriewe in. Aandetes kan enige tyd gereël word. Ons gaste maak gereeld gebruik van ons braaifasiliteite. Laat ons jou help om jou uitstappies te reël, of 'n plek te bespreek by een van die uitstekende nabygeleë restaurante. Diegene wat alles gesien het, is welkom om 'n dag by die swembad deur te bring - dalk met 'n glasie wyn of 'n koeldrank. 'n Gekookte of "continental" ontbyt is ingesluit in die prys.

 

 

Tempest-Sixt - Mieten Sie bei unserem Partner

deep_logo_claim_200x70

 

Tuin + Swembad
 
Ontbyt vertrek

 

ontbvt Partytjie Herdenking 'n Feestelike geleentheid 'n Heerlike Braai
'n Rustige hoekie by die visdammetjie Tuin Tuin Tuin ons "wilde diere"- Tarentale
nog "wilde diere"Tarentale Ingang Braai + Swembad Tuin Swembag + Tuin