Somer Place B&B is gerieflik geleë onder die Helderberg in Somerset Wes, ‘n rustige omgewing nie ver van Kaapstad nie en omtrent vyf minute van Valsbaai se “Goue Myl”, Strand. Somer Place is ideaal geplaas vir uitstappe na die strande van Valsbaai (5 Minute), Kaapstad (30 minute) en die wynlande (5 minute). Bowendien is die beginpunt van die Walvisroete en die Tuinroete beide op ons drumpel. Alhoewel Kaapstad se internasionale lughawe net 20 minute van die gastehuis af is, handhaaf Somer Place ‘n rustige “huislike” atmosfeer.
Hierdie luukse gastehuis behoort aan en word bestuur deur Armin en Span. Toeriste en sakelui verkies Somer Place weens sy sereniteit en gerieflikheid. Gaste geniet toegang tot ‘n groot aanloklike tuin en swembad, terwyl die gasheer dienste verskaf soos: vervoer na die lughawe, daaglikse uitstappe, motorverhuring, restaurantbesprekings, gholfafslaantye en meer.
U kan ons Covid-19-veiligheidsmaatreëls hier vind.