Aktiwiteite

Vanaf ons Somer Place B&B kan jy wonderlike dagtoere beplan, soos die wonderskone wynlandgoed, Vergelegen, net 10 min.vanaf ons B&B geleë.

Monkey Town is ook bereikbaar binne 10 min.

Naby geleë is 5 verskillende golfbane, ook bereikbaar in ongeveer 5- 15 min.

Die wêreld- beroemde Hermanus is ongeveer 80 km hiervandaan en ‘n moet om die Walvisse te besigtig.Die pad na Hermanus  is een van die asemrowendste roetes in die wêreld wat kronkel al met die kuslyn langs. Op die roete is ook die Pikkewyn Kolonie in Bettiesbaai, wat ook ‘n besoek regverdig.

Stellenbosch, die Kaap se Universiteitstad met al sy argitektoniese juwele, is net sowat 20 km (15 Min.) se reis ver.

Lieflike Paarl en Franschhoek, wat ook aan die wynroete geleë is, is net sowat 60 – 100 km ver.

Kaapstad, die Moederstad,  voorwaar die mooiste stad van almal, is ook heel viinig bereikbaar en in die trefafstand van maar net sowat 40 km ( 30 Min.).

‘n Werklike moet vir alle Kaapstadbesoekers is om op te gaan met Tafelberg met die kabelkarretjie. Die Victoria & Alfred Waterfront verdien ook ‘n defnitiewe besoek en bly ‘n inkopie paradys. Seinheuwel is die ideale uitkykpunt om die skiereiland gade te slaan vanuit ‘n arend se oogblik.Hiervandaan sien jy Kaapstad uit ‘n ander hoek, asook Tafelberg en die welbekende Robbeneiland. Die “Two Oceans Akwarium” is ‘n wonderlike ervaring waar diere van beide die Atlantiese en Indiese Oseaan gehuisves word. Kaapstad bied vir almal ‘n diversiteit van moontlikhede, en met die kleurryke geskiedenis van die stad,is besoeke aan die talle museums ook ‘n kleurryke opsie.

Vanaf Kaap Punt en die Nasionale Park wat daarom strek, is die rit wonderskoon oor die welbekende Chapmanspeakdrive.

Kaap Agulhas, die mees suidelikste punt van Afrika, is ook ‘n heerlike daguitstappie vanaf Somerset Wes.

Vanaf die uitkykpunt by Sir Lowry’s pas (maar net 3km.ver) is die ideale punt om saam met die voëls uit te kyk oor die hele Valsbaai (en Somerset Wes)en Kaapstad in dieselfde blik vas te vang.

Verdere Dagtoere