Kaapstad

Ervaar die mooiste Kaap met verskeie besoekpunte aan die Moederstad. ‘n Rit met die kabelkarretjie om Tafelberg en die omgewing van bo te sien.

Vele meer: die Kompanjiestuine, die Victoria & Alfred Waterfront, Kirstenbosch Botaniese Tuine, die Two Oceans Akwarium en vanaf Seinheuwel het jy ‘n arendsblik or die skiereiland tot sover as Robbeneiland.

Vanaf ons B&B kan jy heerlike dagtoere onderneem, o.a na die volgende plekke.

Inkopies by  “Century City”

Een van die inkopieparadyse is hier by “Century City”. ‘n Baie interessante besoek sal wees by die MTN Science Centre om al jou eksperimente op die proef te stel.

Kirstenbosch Botaniese Tuin

Beslis een van die mooiste Tuine in die wêreld. Cecil John Rhodes het in 1902 die grond geskenk. Dit beslaan 528 hektaar (waarvan net 70 hektaar aangeplant is, die res is natuurlike tuin. Meer as 20.000 verskillende plantsoorte word hier aangetref.