Hermanus

Hermanus is geleë aan die strande van Walker Bay, nie te ver van die mees suidelike punt van Afrika nie.Die pragtige berge waak oor diè dorp wat die tuiste is van die Southern Right Walvisse. Natuurliefhebbers van reg oor die wêreld kom besoek Hermanus om hierdie majestieuse see-reuse van nader te beskou, hier is dit immers die beste punt in die wêreld om walvisse van die land af te besigtig.Digby Hermanus is die Hemel-en-Aarde vallei, waar jy jou kan regmaak vir ‘n onvergeetlike ervaring met die Overbergstreek se besonderse wyne.Die wyne wat hier geproduseer word is ook eg Suid-Afrikaans en vergelyk baie met diè van die noordelike dele van Frankryk as gevolg van die koel seebries en die kleigrond.Die chardonnay en baie uitstaande pinot noir is twee van die mees gewilde wyne van die streek.