Na die aftrede van Goewerneur Simon van der Stel in 1699 het sy seun, Willem Adrian, goewerneur geword en het Vergelegen – wat”ver geleë” beteken,sy eiendom geword. Die jong Van der Stel het die onbewerkte grond in`n ware paradys omskep.
Die landgoed het aan verskeie eienaars behoort totdat dit in 1798 deur die Theunissen-familie gekoop is. Dit was meer as`n eeu lank in hul besit en onder hul sorg het die wingerde gedy.
In 1917 het Sir Lionel Phillips die landgoed vir sy vrou ,Lady Florence, gekoop.Sy het baie geld bestee om die ou opstal, biblioteek en tuine te restoureer, en het ook besluit om al die wingerde te laat uihaal en met gemengde boerdery te vervang.